top of page

Gedragskode |  Code of Conduct

Skooltye en Afwesighede  |  School Schedule and Absence

SKOOLTYE:

Maandag - Donderdag

 

Somer: 07:00 – 13:30

Winter:  07:30 – 14:00

 

Personeel is direk na skool om leerders en/of hul ouers te spreek, per afspraak, om problem te hanteer.

 

Stiptelikheid is baie belangrik

 

AFWESIGHEID VAN LEERDERS WEENS SIEKTE

‘n Leerder mag nie sonder rede van die skool afwesig wees nie. Indien ‘n leerder vir een tot drie agtereenvolgende dae afwesig was:

 

 -  moet ouer/voog telefonies verskoning maak of

 

-  moet op die EERSTE DAG by sy/haar terugkeer skool toe,  ‘n skriftelike verduideliking van sy/haar ouer/voog by die register onderwyser ingehandig word vir die rede vir afwesigheid of

         

-  indien afwesig vir meer as drie agtereenvolgende dae moet ‘n sertifikaat deur ‘n geregistreerde mediese praktisyn voorgelê word, behalwe in die geval van dood of trauma in die leerder se huisgesin of ‘n ander rede wat die skoolhoof goedkeur.

 

Indien afwesig tydens ‘n toets of eksamen, moet ‘n sertifikaat deur ‘n geregistreerde mediese praktisyn voorgelê  word, behalwe in die geval van dood of trauma in die leerder se huisgesin of ‘n ander rede wat die skoolhoof goedkeur. 

 

Geen leerder mag die skoolterrein gedurende amptelike skoolure SONDER TOESTEMMING verlaat nie.  In spesiale omstandighede moet die ouer/voog, met die nodige vooraf toestemming, ‘n leerder kom haal en in die kantoor uitteken. Beperk die uitteken van leerders asb tot pouses.

 

Indien ‘n leerder siek word tydens skoolure, moet hy/sy dit by die adjunkhoofde aanmeld wat met sy/haar ouers sal skakel.  Die ouer/voog moet self die leerder by die kantoor uitteken.

 

AFSPRAKE VIR LEERDERS GEDURENDE SKOOLURE

(bv. vir ‘n ID-dokument, rybewys, dokters- of ortodontis afsprake)

Die skool beklemtoon dat alle afsprake vir leerders liefs na skoolure, oor naweke of vakansies gereël moet word. Geen leerder sal toegelaat word om afsprake gedurende skoolure na te kom indien sy/haar ouer/voog nie TEN MINSTE TWEE DAE VOOR DIE AFSPRAAK telefonies of skriftelik by die sekretaresse verskoning aangebied het nie, behalwe in geval van nood. 

bottom of page