top of page

Gedragskode |  Code of Conduct

Algemeen |  General

VISIE:

‘N DOELGERIGTE DINAMIESE OPVOEDKUNDIGE INSTELLING BY UITNEMENDHEID

 

MISSIE:

ONS IS VERBIND OM ‘N OPVOEDKUNDIGE INSTELLING TE WEES WAT DIE POTENSIAAL VAN ALLE LEERDERS OPTIMAAL IN ‘N LEERGERIGTE OMGEWING ONTWIKKEL SODAT HULLE GEREED IS OM OPGELEI TE WORD OM IN DIE VAARDIGHEIDSBEHOEFTES VAN ONS LAND TE VOORSIEN

 

WAARDES:

RESPEK

EERLIKHEID

VERANTWOORDELIKHEID

KONSEKWENTHEID

VERDRAAGSAAMHEID

BETROUBAARHEID

LOJALITEIT

 

GEDRAGSKODE

 

Gedragskode vir HSK leerders.

Artikel 8 (2) van die SA Skolewet van 1996 wys daarop dat ‘n gedragskode vir leerders daarop gemik moet wees om ‘n gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing te vestig wat toegewy is aan die bevordering en instandhouding van ‘n gehalte leerproses. Die Skolewet plaas die verpligting op die Beheerliggaam om ‘n gedragskode vir leerders te aanvaar. Dit is egter belangrik om daarop te let dat die finalisering daarvan eers na oorlegpleging met die leerders, ouers en opvoeders kan geskied.  Dit is egter onsinnig om bepalings in die kode te plaas wat nie versoenbaar is met die toepaslike wetgewing nie. DIT MOET VERMELD WORD DAT LEERDERS VOLGENS WET VERPLIG WORD OM DIE BEPALINGS IN DIE GEDRAGSKODE NA TE KOM EN TE EERBIEDIG. Dit is raadsaam om die skriftelike gedragskode in besit van elke leerder en ouerhuis te plaas deur middel van ʼn kopie wat geredelik beskikbaar is.

 

DISSIPLINE:

Enige gedrag wat binne die klas die leerder, ander leerders of die onderwyser se geleentheid vir onderrig en leer aantas, word beskou as dissiplinêr onaanvaarbaar en is strafbaar.

Enige gedrag wat binne of buite die klaskamer skadelik is vir enige persoon of eiendom is strafbaar

Huiswerk nie gedoen of boeke nie in die klas, is strafbaar.

Volgens die strafstelsel sal alle dissiplinêre voorvalle in die insidente boek van die betrokke leerkrag aangeteken word.

Dissipline is daarop gerig om die leerder ten beste vir die lewe voor te berei. Om te dissiplineer beteken om op te voed. Straf is maar net een vorm van dissipline, ‘n korttermyn maatreël om die leerder van        verkeerde optrede te weerhou.  

OUERS IS PRIMÊR VERANTWOORDELIK VIR DIE DISSIPLINE VAN HULLE KIND soos aangeteken in die Suid-Afrikaanse Skolewet no. 84 van 1996, artikel 6.1 van bl. B – 38.  Ouers word dus vriendelik versoek om die skool te ondersteun met die toepassing van hierdie stelsel.  Dit is belangrik dat die ouerhuis saam met die skool sal werk aan die verbetering van leerders se gedrag of oplossing van hul probleme.

Hierdie dokument bevat die belofte om ‘n kultuur vir effektiewe onderrig en leer daar te stel waar vakinhoude vir leerders in ‘n gedissiplineerde onderrigsituasie ontsluit word.  Dit moet vir onderwysers en leerders lekker wees om in so ‘n klassituasie onderrig te gee en te kan ontvang.

Hierdie waardes en norme vir die gedrag van beide onderwysers en leerders moet soos vervat in die Onderwyswet, “’n nie-rassige demokratiese en dinamiese onderwys wees, wat ons in staat sal stel om verantwoordelike volwassenes, ouers en lede van die gemeenskap te wees.” Hierdie dokument beskerm ook die regte van leerders en onderwysers in die daarstelling van ‘n harmonieuse en nederige verhouding waarbinne wedersydse respek tussen onderwysers, leerders en ouers sal heers, asook waarin samewerking en vertroue tydens die leerproses sal geskied.      

DOGTERS:

SOMER en WINTER:

     Romp:         ‘n Grys A-lyn romp met ‘n band.  (A-lyn romp loop wyer uit na die soom)

                        Die lengte moet 4cm bo die knie wees.

                        Die romp mag NIE OMGEROL word en op die heupe sit nie.

                         Die romp mag NIE AFGEWERK WORD langs die sye om nouer te pas nie.

Hemp:           Ligblou kort- of langmouhemp met wapen op die sak (nie persblou) word saam met die grys romp gedra

Skooldas:     Opsioneel in die somer.

Skoene:        Swart met veters of bandjie (geen insteekskoene)

Sokkies:       Grys lang sokkies (met strepies in die omslag) word saam met die romp gedra

WINTER:

Romp:          Soos vir somer - In die winter word ‘n blou skoolbaadjie of skooltrui en ‘n skooldas saam met die romp gedra.

Langbroek:    ‘n Grys langbroek (nie nousluitend nie)  mag SLEGS in kwartale 2 en 3 gedra word en slegs saam met ‘n blou skoolbaadjie. Die soom van die broek mag nie los gerafel word nie en moet die regte lengte wees.

SEUNS:

SOMER en WINTER:

     Broek:         Kort- of lang grysbroek (materiaal van polyester of viskose)

‘n Swart- of grys gordel SONDER ‘n gespe, is verpligtend saam met die grys langbroek. Die soom van die broek mag nie los gerafel word nie en moet die regte lengte wees.

 

     Hemp:         Ligblou kort- of langmouhemp met wapen op die sak. (nie persblou nie)

Slegs wit T-hemde mag onder die hemp gedra word maar die moue of neklyn mag glad nie sigbaar wees nie.

‘n Das moet gedra word om te verhinder dat die T-hemp uitsteek.

‘n Langmouhemp MOET altyd saam met  ‘n das gedra word.

Dasse is opsioneel in die somer met kortmou hemde.

     Sokkies:      Slegs lang grys sokkies mag gedra word.

     Baadjie/Trui: ‘n Donkerblou skoolbaadjie met ‘n wapen op is verpligtend in die winter en opsioneel in die somer.

                        ‘n Skooltrui of oortrektrui mag saam met ‘n das, by die baadjie gedra word.

 

SEUNS en DOGTERS:

Oortrektrui:        ‘n Donkerblou oortrektrui mag gedra word.

Serp:                ‘n Donkerblou serp – slegs die soort wat by die skool beskikbaar is, mag gedra word.

Musse:             Slegs die musse wat by die skool beskikbaar is, mag in kwartale 2 en 3 (winter) gedra word en slegs saam met volledige wintersdrag. Musse mag in die gange en klaskamers gedra word maar nie tydens saalbyeenkomste nie. Die wapen moet aan die voorkant gedra word.

Handskoene:     Swart leer of donkerblou gebreide handskoene is toelaatbaar.

 

HEMDE MAG NOOIT UITHANG NIE, HETSY BINNE OF BUITE DIE SKOOLTERREIN!

bottom of page