top of page

Gedragskode |  Code of Conduct

Klas- en Eksamenreëls  |  Class - and Examination Rules

KLASREëLS

Klasreëls moet deur die klasonderwyser geformuleer word aan die begin van elke skooljaar en aangebring word in duidelike, leesbare skrif op ‘n prominente plek in die klaskamer. Hierdie reëls moet versoenbaar wees met die doelstellings soos uiteengesit hierbo. Leerders moet die klasreëls stiptelik en volledig nakom en moet ook enige mondelinge opdragte van die klasonderwyser of enige ander onderwyser wat redelikerwys noodsaaklik is om uitvoering te gee aan hierdie Gedragskode en/of noodsaaklik is vir die behoorlike, professionele bestuur van die skool, gehoorsaam.

 

EKSAMENREËLS

•  Geen leerder sal toegelaat word om ‘n eksamenvraestel vroeër of later as die spesifieke datum en tyd te skryf nie.  (Uitgesluit dood, ernstige siekte of eksamen by tegniese kollege)

•  Wees betyds vir jou eksamensessies. (Kyk op die eksamenrooster). Geen leerder mag eers gedurende pouse by die skool opdaag nie.

•  Leerders mag geen leermateriaal in sy/haar besit hê wanneer ‘n leerarea geskryf  word nie.

•  Leerders moet voorsiening maak vir hulle eie skryfbehoeftes (blou pen, potlood, uitveër, liniaal, sakrekenaar, krambinder, ens.)

•  Leerders moet elke dag in volledige skooldrag geklee wees. ‘n Kombers, NIE ‘n HANDDOEK, mag in die winter gebruik word om oor leerder se bene te gooi, maar mag nie om hom/haar gedraai word as hy/sy in die skoolgebou- of terrein beweeg nie.

•  Leerders moet seker maak dat hy/sy die regte vraestel ontvang het en kontroleer of die vraestel volledig afgerol is.

•  ‘n Leerder moet vir die hele duur van die eksamen op die bank sit wat aan hom/haar toegewys is by aanvang van die eksamen, tensy klasse saamgegroepeer word deur ‘n onderwyser.                                                                            

•  Geen kommunikasie mag met ander leerders geskied nie – briewe mag nie aan ander leerders geskryf word nie.

•  Leerders moet vir die voorgeskrewe tyd in die eksamenlokaal bly.

•  Slegs leermateriaal mag na eksamenlokaal gebring word wanneer leerder nie skryf nie. 

•  SLEGS ‘n DOKTERSERTIFIKAAT of sterfte-sertifikaat van ‘n naasbestaande (onmiddellike familie) sal vir afwesigheid aanvaar word indien ‘n leerder nie ‘n leerarea kon skryf nie.  (Briewe van ouers of

    kliniekbriewe vir diskresie na die skoolhoof)

•  Leerders moet ten alle tye eerlik wees tydens die skryf van ‘n vraestel.  (Daar sal ernstig teen leerders opgetree word wat oneerlik is.)

•   Pouses sal voor die skryfsessies gereël word.                                                  

•   Bly weg van die saal wanneer die Graad 12’s eksamen skryf.         

•   Na die skryfsessie (aan die einde van die dag) moet die vensters toegemaak en die ligte en waaiers afgeskakel word.

•   Geen leerder mag die skoolterrein verlaat tydens skoolure nie, behalwe wanneer ‘n ouer/voog ‘n leerder in ‘n noodgeval kom haal  en die nodige reëlings met die skoolhoof getref is.  Sodanige leerder moet by die kantoor deur die ouer/voog uitgeteken word

bottom of page