top of page

Gedragskode |  Code of Conduct

Onderneming |  Agreement

Ek onderskryf hierdie gedragskode.

 

Hiermee belowe ek as leerder,  ___________________________  (gr. ____ ):

 

-   om te alle tye die skool se naam uit te dra en te bevorder

-   dat ek my verbind tot die ontwikkeling van my volle potensiaal asook van     die van my mede-leerders, onderwysers en die gemeenskap;

-   erken ek die reg tot onderrig vir my, sowel as vir my mede-leerders

-   dat ek niks sal doen wat sal verhinder dat ek en my mede-leerders volgehoue, effektiewe onderrig kan ontvang nie,

-   assosieer ek my nie met enige wandade nie en verwerp ek alle dade van geweld, vandalisme en ander onwelvoeglikhede teenoor die skool

-   dat ek alle mense menswaardig sal behandel

 

Ek verbind my daartoe om:

 

1.  die inhoud van my klaskamer en die skoolterrein- en geboue op te pas en skoon te hou;

2.  my te onderwerp aan skooldissipline en skoolreëls soos vervat in hierdie gedragskode

3.  die grondwet en skool se dissiplinêre stelsel te onderskryf (volgens die nasionale onderwysgedragskode bestaan tug uit teregwysing en tydelike opskorting van skoolbywoning en klasonderrig tot ‘n maksimum van sewe dae.

4.  betyds te wees vir skool en slegs volgens die bepaalde skoolrooster te handel en korrek te verdaag.  Kwytskelding van verpligte onderrigtyd moet met die nodige dokumentasie en goedkeuring geskied alvorens toestemming tot verlof toegestaan sal word;

5.  my onderwyser/es en mede-leerders te RESPEKTEER;

6.  my tuiswerk, klaswerk, toetse/eksamens en enige ander akademiese opdrag nougeset uit te voer;

7.  behulpsaam te wees met die instandhouding en vernuwing van die skool;

8.   my te onderwerp aan billike versoeke soos deur die onderwysers, VRL  en Seniorraad aan my opgedra (bv. opruiming, verrigting van ‘n bepaalde diens, ens.)

9.   in  buiteskoolse verband altyd so op te tree dat ek die naam van die skool sal uitdra (veral in die skool se amptelike skooldrag);

10.  nie enige dwelms of drank skool toe bring, te versprei, te gebruik of op die skoolterrein te kom nadat ek dit gebruik het nie en my aan willekeurige dwelmtoetse en deursoeking deur die SAPD te onderwerp soos dit van tyd tot tyd deur die skoolbestuur nodig geag mag word nie

11.  nie sonder toestemming die skoolterrein, geboue of ander fasiliteite van die skool te gebruik nie;

12.  nie enige skooleiendom of apparatuur te beskadig, te steel of te verwyder sonder toestemming nie;

13.  nie enige iets van ‘n onderwyser te vat of te gebruik SONDER TOESTEMMING NIE
14.  nie onderwysers of mede-leerders te intimideer, dreig of af te knou nie;

15.  my nie skuldig te maak aan wangedrag wat die klasatmosfeer en leerproses kan benadeel of verhinder nie;

16.  enige gevaarlike wapens bv. vuurwapens, messe ens. skool toe te bring wat my onderwysers of mede-leerders se lewe in gevaar kan stel nie.

 

Enige besware op grond van godsdienstige en/of kulturele gronde moet skriftelik aan die skoolhoof deurgegee word vir finale oorweging deur die SBL, in lyn met die beginsels en waardes soos vervat in die Grondwet van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Skolewet.

 

___________________________                                  _____________________

HANDTEKENING:   LEERDER                                         DATUM 

 

Hiermee bevestig ek ___________________________________________ ouer/voog van ______________________________________ dat die inhoud van hierdie dokument aan bovermelde leerder verduidelik is en dat hy/sy dit verstaan en as bindend op hom/haar beskou.

 

 

______________________________                           _____________________    

HANDTEKENING:  OUER/VOOG                                     DATUM

 

bottom of page