top of page

Gedragskode |  Code of Conduct

Terreingebruik  |  Terrain Usage

DiE TERREIN:

Leerders mag nie op die volgende plekke wees nie:

•   fietsloods (slegs wanneer leerder sy/haar fiets daar bêre of gaan haal)

•   in klaskamers en gange tydens pouses

•   op die gras aan die voorkant van die skool

•   langs tegniese afdeling

•   op hokkie-, krieket- of rugbyvelde  (mag slegs onder die eerste vyf bome langs die hokkieveld wees)

•   agter- of in die busloods

•   in of agter “oom Pool se lapa”

•   by “ou” lemoenboord

•   by terreinwerkers se woonkwartiere

•   op die pawiljoene

•   tydens pouses buite skoolterrein (mag nie besoekers ontvang of by smouse koop nie)

•   by hek of omheining van skool wees en met besoekers kommunikeer nie

•   parkeerareas

•   in die gang voor personeelkamer

•   enige deur wat gesluit is word beskou as verbode terrein.

 

BEWEGING BINNE SKOOLTERREIN / BUITE OP TERREIN EN BINNE SKOOLGEBOU:

BEWEGING VOOR-, TYDENS OF NA SKOOL:   

Geen leerder mag die skoolgebou by die voordeur binnekom of verlaat nie.

Alle leerders vanaf Sesheng en Dingleton betree en verlaat die skoolterrein by die agterste hek aan die kant van die Tegniese Afdeling of die klein hekkie aan die voorkant van die skool by die biblioteek – die busse sal leerders daar op- en aflaai.

ALLE ANDER LEERDERS betree en verlaat die skoolterrein, of by die agterste hek, of by die hek aan die biblioteek se kant.

Geen leerder, behalwe die fietsryers en motorfietsryers, betree of verlaat die skoolterrein by die hek wat deur die personeel gebruik word nie.

Tydens sportbyeenkomste mag leerders wel by bogenoemde hek in en uit beweeg.

Soggens en na pouses moet leerders vroegtydig na die aantreeplekke beweeg sodat wanneer die tweede klok lui, die leerders REEDS in hul rye staan.

GEEN LAATKOMMERY sal geduld word nie.

                  

BEWEGING TYDENS KLASWISSELING

Leerders beweeg agtermekaar, in enkelrye aan die linkerkant van die gang. 

Leerders beweeg vinnig en mag nie in die rye gesels nie. Geen laatkommery by klasse sal toegelaat word nie.                        

Geen leerder mag in die gang voor die personeelkamer verbybeweeg tydens klaswisseling nie, behalwe in die volgende gevalle:

leerders wat na die skoolhoof, sekretaresse of finansiële kantoor gaan

 

 

BENDES

Bendes wat aktiwiteite inisieer, promoveer en uitdra, en sodoende die veiligheid en welstand van persone bedreig of wat die skoolomgewing versteur, sal nie geduld word nie.  

Daar sal streng opgetree word teenoor ‘n leerder wat hom/haar skuldig maak aan die volgende:

•  die stig van ‘n bende of lid van ‘n bende is

•  die dra van bende kleredrag

•  bendegedrag openbaar  

•  tekens wys wat bende lidmaatskap simboliseer

•  bendeaktiwiteite reël

•  leerders intimideer of hul skoolbywoning beinvloed

•  promovering van ‘n naam of bevordering van die belange van ‘n bende - intern of ekstern.

 

DOBBEL

Dobbel het ‘n negatiewe invloed op die dissiplinêre stemming in die skool. Leerders wat dobbel sal nie oorweeg word vir leierskapsposisies in die Skool nie en sal nie toegelaat word om toere, uitstappies en sosiale aktiwiteite by te woon nie.

Die skool sal geen dobbelaktiwiteite duld nie (zero tolerance) en ouers sal verantwoordelik gehou word om die probleem aan te spreek en op te los tot tevredenheid van die skool.

 

MOTORS EN MOTORFIETSE

•   Slegs leerders met geldige rybewyse mag die skool met ‘n motorfiets besoek. 

•   Leerders moet motors buite die skoolterrein parkeer.

•   Motorfietse moet op die afgebakende gebied wat daarvoor gereserveer is, parkeer word – ook na skoolure.

•   Hoflikheid en versigtigheid is noodsaaklik – leerders mag nie doelloos op skoolgronde rondry nie.                                                                    

•   Motors word op eienaar se risiko buite die skoolterrein parkeer

 

bottom of page