top of page

Gedragskode |  Code of Conduct

Versierings |  Embellishments

JUWELE

DOGTERS:

Vir dogters met gaatjies in hul ore, is die dra van die volgende oorkrabbetjies toelaatbaar:

• goue- of silwer ringetjies met ‘n binne-deursnee van ongeveer 1 cm en waaraan geen versierings hang nie.

 • goue knoppie-tipe (“stud”)  – geen pêrel-, blink-, of gekleurde steen-oorkrabbetjies word toegelaat nie

• Slegs EEN oorkrabbetjie per oor in die ONDERSTE  GAATJIE sal toegelaat word. 

‘n Horlosie (nie oormatig versier) en medic-alert bandjie mag gedra word.

Geen ander juwele bv. ringe, hangertjies, gekleurde bandjies (ook die met ‘n bepaalde boodskap), tongringe, neusringe, naeltjieringe, oogringe of armbande (ook rekkies of leerbandjies) mag gedra word nie.

Alle ontoelaatbare juweliersware sal sonder waarskuwing afgeneem word en sal eers aan die einde van die spesifieke kwartaal teruggegee word.

 

SEUNS:  

•   Geen juwele mag deur seuns gedra word nie. (bv. ringe, hangertjies, gekleurde bandjies - ook die met ‘n bepaalde boodskap -, tongringe, oogringe, neusringe of armbande (ook rekkies of leerbandjies).

•   Slegs medic-alert armbandjies en horlosies mag gedra word.

•   Alle juweliersware sal sonder waarskuwing afgeneem word en sal eers aan die einde van die spesifieke kwartaal teruggegee word.

 

SLEGS DIE RUBBERBANDJIE WAT DIE WAARDE VAN DIE BETROKKE MAAND WEERSPIEËL MAG GEDRA WORD.

GEEN GRIMERING: GEEN grimering word toegelaat nie – ook nie tydens sportgeleenthede nie.

 

GEEN TATOEëRMERKE: Indien ‘n leerder wel het moet dit ten alle tye bedek wees, geen tatoërmerke mag wys of sigbaar wees nie.

OOL AANVAAR GEEN VERANTWOORDELIKHEID VIR ENIGE SELFOON WAT OP DIE TERREIN WEGRAAK OF GESTEEL WORD NIE.

Indien ‘n selfoon in die klas of op die skoolterrein gesien of gehoor word, sal die foon gekonfiskeer word.

Die foon sal vir ‘n tydperk van 1 week in die kluis toegesluit word.

Teen die einde van die week moet die eienaar ‘n afkoopboete van R50 betaal om sy/haar foon te kan kry.

Indien dieselfde leerder se foon vir ‘n tweede maal afgeneem word, sal die foon vir die res van die kwartaal in die kluis gehou word en die afkoopboete verhoog na R100.

office@hskathu.ncape.school.za | tel: 053 723 1561 | fax: 053 723 3214 | Ben Albertsweg | Privaatsak  X502 Kathu 8446  | 
Hoërskool Kathu tegniese skool Noord-KaapKathu High technical school Northern Cape
bottom of page