top of page

Gedragskode |  Code of Conduct

Vlak 2 oortredings |  Level 2 trespasses

1. Afskryf in klastoetse of eksamens.

2. Oneerlikheid.

3. Disrespek/uitdaag van gesagsfigure.

4. Lasterlike kommunikasie.

5. Gebruik of inbesit van alkohol.

6. Afknouery.

7. Verlaat van skool sonder verlof/afwesig uit 'n klas sonder verlof ("bunking").

8. Vandalisme/beskadiging van skooleiendom.

9. Diefstal of leen sonder toestemming. 10.Inbesit wees/gebruik van gevaarlike wapen/vuurwapen.

11. Rook/in besit van tabak /rooktoeskouer.

12. Pornografie.

13. Gebruik van selfoonkameras sonder toestemming.

14. Bakleiery intimidasie/opsetlike besering van ander.

15. Herhaalde Vlak 1 oortredings.

16. Nie opdaag vir Vrydagdetensie nie.

17. Brandstigting.

 

Word beheer deur die:

Adjunkhoof

Dissiplinêre komitee lid

Enige ander personeellid soos aangewys deur skoolhoof

 

Moontlike strawwe:

-  Detensie in die middae, Maandag tot Vrydag, 2nm-4nm, vir 1-2 weke.

-  Gemeenskapsdiens

-  Tydelike skorsing vanaf die skool en\of skoolaangeleenthede.

-  ʼn Leerder mag gedurende hierdie tydperk nie die skool verteenwoordig nie (1-2 weke).

-  Vrydagdetensie (2-4nm)

-  Saterdagdetensie (8-10vm)

-  Straf word toegeken volgens die diskressie van die dissiplinêre komitee.

-  Waarskuwing of finale waarskuwing

 

 

Hierdie oortredings word as ernstig beskou en ʼn leerder se ouers sal gekontak word. Die straf vir hierdie kategorie hang af van die omstandighede, asook die erns daarvan. In ernstige gevalle sal leerders onderworpe wees aan ʼn skoolhoof ondersoek (intern) waar die skool finale waarskuwing en/of interne skorsing (1-2 weke na gelang van die oortreding) en/of gemeenskapsdiens (ure vasgestel volgens die diskresie van die Dissiplinêre Tugkomitee) kan aanbeveel.

 

Strawwe kan die volgende behels:

  • Detensie in die middae, Maandag tot Vrydag, 2nm-4nm, vir 1-2 weke.

  • Tydelike skorsing vanaf die skool en\of skoolaangeleenthede.

  • ʼn Leerder mag gedurende hierdie tydperk nie die skool verteenwoordig nie (1-2  weke).

  • Vrydagdetensie (2-4nm)

  • Saterdagdetensie (8-10vm)

In geval van die oortreding van die gedragskode (Vlak 2 of Vlak 3 oortredings) deur UK-lede en ander skoolleiers/spankapteine:

Saam met of as alternatief vir bogenoemde, skorsing van pligte vir ʼn tydperk van tot ses weke, of afdanking en permanente verwydering as ‘n UK-lid of ʼn ander leiersamp in die skool. Skoolhoofondersoek behels:

  • Interne ondersoek behartig deur ‘n person aangewys deur die skoolhoof.

  • Dissiplinêre Tugkomitee:  bestaande uit die skoolhoof en\of gedeliegeerde persoon aangewys deur die skoolhoof, ʼn adjunk en ‘n ander personeellid.

 

Vlak 2 oortredings:

1. Afskryf in klastoetse of eksamens (insluitend plagiaat). Dit verwys hoofsaaklik na klaskamer of eksamenoortredings waar inligting op ʼn oneerlike wyse gegee of verkry is.  ʼn Spesiale geval van klaskameroneerlikheid is die pleeg van plagiaat; dit is wanneer ʼn leerder iemand anders se idees voorhou as dié van sy eie. Afskryf van ʼn ander leerder se werk is ook onaanvaarbaar.

 

2. Oneerlikheid. Oneerlikheid verwys na die vertel van leuens, of die gee van vals inligting. Dit sluit ook in om uit te teken met ʼn vals brief, die skryf van ʼn brief namens iemand anders, die maak van vals oproepe of die vervalsing van iemand se handtekening.

 

3. Disrespek/uitdaag van gesagsfigure. Daar word van alle leerders verwag om hoflik te wees en respek

teenoor ander te toon, asook om die instruksies van die personeel, senior leerlinge of enige volwassene uit te voer terwyl onder die jurisdiksie van die skool. Enige vorm van onbeskofte gedrag, die uitdaag van gesag, of die versuim om geldige instruksies uit te voer, word as ernstige oortredings beskou.

4. Lasterlike kommunikasie. Die gebruik van lasterlike kommunikasie verwys na rassistiese aanmerkings of om iemand anders se eer aan te tas deur kwetsende aanmerkings te maak.

5. Gebruik of inbesit van alkohol. Geen alkoholiese drankies van enige aard mag in die besit van ʼn leerder wees of deur ʼn leerder gebruik word terwyl hy onder die jurisdiksie van die skool, hetsy op of weg van die skoolterrein is nie.  Dit sluit ook die gebruik van ʼn alkoholiese drankie in terwyl ʼn leerder saam met sy ouers is en hy onder die jurisdiksie van die skool is. Leerders wat buite die skoolterrein is, maar in skooluniform is, mag ook onder geen omstandighede alkoholiese drankies gebruik nie.  ʼn Leerder wat in die teenwoordigheid van ander leerders is wat alkoholiese drankies gebruik, maak homself ook skuldig aan ʼn besonder ernstige oortreding.  Leerders mag ook nie skool bywoon of terugkeer skool toe onder die invloed van alkohol nie.

6. Afknouery. Elke leerder is geregtig op respek en om die aktiwiteite van sy keuse op skool te beoefen (akademie, sport, kultuur) sonder inmenging. Dit beteken dat leerders nie fisies of psigies afgeknou, beseer, ondermyn of verkleineer mag word nie. Die ondermyning van enige leerder se regte, of om by te dra dat ʼn leerder ongelukkig en uitgesluit voel, hetsy deur middel van afknouery of deur hom aan te hits, word as ʼn ernstige oortreding beskou.  Afknouery kan fisies of psigies wees. Dit mag ook die vorm aanneem van iemand wat eerder stilbly as om onregverdige gedrag aan die lig te bring. Leerders mag ook nie aggressiewe speletjies speel waarin ander “gebons” of “reggesien” word nie, aangesien dit in die meeste gevalle oor aggressie en beserings tot gevolg het.

7. Verlaat van skool sonder verlof / afwesig uit 'n klas sonder verlof ("bunking"). Dit verwys na ʼn leerder wat die skool verlaat sonder ʼn toestemmingsbrief van die skoolhoof, of sonder ʼn gedelegeerde personeellid wat die verantwoordelikheid neem om die leerder te vergesel of ʼn toestemmingsbrief om die skool te verlaat, te laat teken. Spesiale omstandighede, soos wanneer ʼn leerder ongesteld word of ander afsprake gedurende skoolure het (Sien Algemene Skoolreёls) sal dienooreenkomstig hanteer word. Dit sluit ook in wanneer 'n leerder versuim om ‘n klas by te woon ("bunking") gedurende skoolure.

8. Vandalisme/beskadiging van skooleiendom. ‘Skooleiendom’ sluit die volgende in:

  • Die grond en geboue wat deur die skool beset word sowel as enige permanente aanhegting aan sodanige grond en geboue

  • Alle ander eiendom, wat toerusting, boeke, voorraad, motorvoertuie en dies meer insluit, wat die skool besit, huur of berg, of vir die beskadiging of verlies waarvan die skool wetlik aanspreeklik gehou kan word. Dit verwys na die opsetlike beskadiging van enige eiendom wat aan iemand anders behoort. Dit sluit ook die krap van skoolbanke en tafels, die skryf op skoolbanke en –tafels, mure of toiletdeure, die spuit van verf op geboue, asook die oopforseer van deure of toesluitkassies in. Leerders wat hieraan skuldig bevind word, sal die koste moet betaal vir die herstel van die skade, maar sal ook gestraf word volgens die skool se gedragskode. Geen leerder mag enige skooleiendom van die skoolperseel verwyder sonder die vooraftoestemming van die skoolhoof of ʼn opvoeder van die skool nie. Leerders mag nie enige eiendom van die personeel van die skool, medeleerders, besoekers aan die skool, of lede van die publiek hanteer, beskadig, merk, skend of vernietig nie. Hierdie reël geld ook vir eiendom op die skoolterrein, in die onmiddellike omgewing van die skool, by of naby die plek van enige skoolaktiwiteit, sowel as enige voertuig waarmee leerders vervoer word en die eiendom daarop.  

   

9. Diefstal of leen sonder toestemming. Diefstal of die leen van iemand anders se eiendom sonder die persoon se toestemming is onaanvaarbaar. Leerders moet ook hul eiendom oppas en dit nie in die skoolgange laat rondlê nie, maar dit eerder beveilig deur dit in ʼn klaskamer te laat toesluit. Die skool sal onder geen omstandighede verantwoordelik gehou word vir die verlies of beskadiging van enige leerder se eiendom, insluitend selfone, nie. Alle klere, items en eiendom moet ook duidelik met die eienaar se naam op gemerk wees. Die graad en omstandighede van die oortreding sal in ag geneem word. In alle gevalle sal daar verwag word dat die oortreder die gesteelde item sal vervang en hy sal ook volgens die skool se gedragskode gestraf word.  

10. Inbesit wees/ gebruik van gevaarlike wapen/ vuurwapen. Die besit van enige tipe vuurwapen, terwyl onder die jurisdiksie van die skool, word streng verbied. Die gebruik van enige tipe wapen, insluitend messe of enige ander tipe “speelding” wat enige tipe koeёl afvuur, word ook as ʼn ernstige oortreding beskou.

11. Ontgroening/Inisiasie. Beide ontgroening en/of inisiasie is ontoelaatbaar. Daar is ʼn oriёnteringsprogram vir nuwe leerders wat deur die skoolhoof en senior leerders/UK-lede beheer word.  Matriekleerders word toegelaat om ʼn rol hierin te speel, maar mag slegs binne vasgestelde grense optree. Die doen van persoonlike gunsies deur junior leerders vir seniors word ook as ʼn vorm van ontgroening beskou en is ontoelaatbaar.

12. Rook / in besit van tabak /rooktoeskouer. Geen leerder mag enige vorm van tabak besit, of gebruik, terwyl hy onder die jurisdiksie van die skool is nie. Leerders mag ook nie in besit van vuurhoutjies/aanstekers wees nie. Deur in die teenwoordigheid van leerders te wees wat besig is om te rook, of wanneer ʼn leerder na rook ruik, word ook as ʼn ernstige oortreding beskou.

13. Pornografie. Die besit van pornografie/onwelvoeglike materiaal terwyl leerders onder die jurisdiksie van die skool is, word as ʼn ernstige oortreding beskou. Dit sluit ook leerders wat handeldryf in pornografie in of versuim om gehoor te gee aan ouderdomsbeperkings soos voorgestel deur die media. Die skool se beleid is dat enige tipe materiaal wat aanstoot gee, materiaal wat van swak smaak getuig of kru, suggestiewe material, nie vertoon, of in die besit van  ʼn  leerder moet wees nie. Dieselfde geld ook vir materiaal wat op leerders se skoolboeke, lêers of pennehouers vertoon word.   

14. Tegnologie-oortredings insluitend die gebruik van selfoonkameras sonder toestemming. Dit sluit die ernstige misdryf van die skool se rekenaarstelsel/netwerk, die stuur van kru of obsene  e-posse of teksboodskappe, ander e-pos of internetoortredings, die skending van ander leerders/personeel se privaat kuberruimtes, en enige ander vorm van inbreek maak op die rekenaarstelsel sonder toestemming in. Dit is ook van toepassing op die besoek van onwelvoeglike webtuistes. Die neem van foto’s van enige persone binne klaskamers, in die kleedkamers of storte, word streng verbied. Geen persone mag sonder hul wete of toestemming afgeneem word nie, omdat foto’s wat met selfone of digitale  kameras geneem word in die verkeerde hande kan beland en sodoende versprei en misbruik kan word. Die gebruik van enige ander elektroniese toerusting soos I-pods of MP3 spelers, of enige ander digitale toerusting mag nie sonder die toestemming van ʼn onderwyser in ʼn klaskamer gebruik word nie, aangesien dit steurend vir ander kan wees.   

15. Toegang tot geslote areas sonder toestemming. Indien ʼn kamer/area gesluit is, mag geen leerder toegang daartoe verkry deur die deur oop te forseer, deur ʼn venster te klim of deur ʼn sleutel te gebruik wat op oneerlike wyse bekom is nie. Areas wat gesluit is, beteken dat ongemagtigde persone nie toegang daartoe het nie.  

16. Bakleiery intimidasie/opsetlike besering van ander. Enige vorm van bakleiery tussen leerders word streng verbied.  Dit sluit ook in om iemand met opset te beseer, asook enige vorm van intimidasie, of om iemand anders se veiligheid te bedreig.

17. Bring die goeie naam van die skool in gedrang. Die skool verwag dat alle leerders voorbeeldig sal optree, beide op en buite die skoolterrein.  Leerders moet besef dat hul gedrag ʼn weerspieёling van hulself asook van die skool is, ongeag of dit tydens skoolure is, terwyl hul met vakansie is, gedurende naweke maar ook wanneer hulle na of van die skool reis.

18. Afwesigheid van sportspan / kultuuroptrede. Leerders word nie toegelaat om afwesig te wees sonder toestemming vir enige sportwedstryde, kultuuroptredes of enige oefeninge nie.

19. HerhaaldeVlak 1 oortredings OF weiering om enige straf uit te voer soos vasgestel deur die dissiplinêre komitee in die graad sal outomaties opgegradeer word na ʼn Vlak 2 oortreding.

bottom of page