top of page

Gedragskode |  Code of Conduct

Vlak 1 oortredings |  Level 1 trespasses

1. Laat vir klas.

2. Verlaat klas sonder toestemming.

3. Huiswerk onvolledig/nie gedoen.

4. Teksboeke nie in klas.

5. Ongeskeer.

6. Voorkoms nie volgens skoolreёls.

7. Wangedrag /klasontwrigting

8. Vloektaal.

9. Gebruik van selfoon in klas.

10. Eet of drink in klas.

11. Ontwrig saalbyeenkoms.

12. Dobbel

13. Beweeg op verbode terrein.

14. Sigbare tattoeërmerke

15. Selfoon by die skool

 

Klas onderwyser hou hiervan rekord en word verwys na die graadvoog.

 

Strawwe

Eerste  bondel  van  4  oortredings  per  kwartaal:

Bv: Middagdetensie(2-4nm)

-  SMS aan ouers

-  Soos aangekondig deur dissiplinêre komitee

-  Tweede bondel  van 4 oortredings per kwartaal:

-  Ouers word ingeroep

-  Gemeenskapsdiens

 

Vrydagdetensie (2-4nm)

Derde bondel van 4 oortredings per kwartaal OF afwesig by Vrydag detensie:

Vlak 2 oortreding.

 

Vlak 1 oortredings:

Hierdie oortredings moet deur die betrokke opvoeder op die skool se rekenaarstelsel aangeteken word.

Hou hoofsaaklik verband met die klaskamer en ʼn leerder se voorkoms. Die dissiplinêre komitee vir die hantering van vlak 1 oortredings bestaan uit die graadhoof en twee ander graadonderwysers. ʼn Bondel verwys na enige kombinasie van VIER Vlak 1 oortredings.

  • Skoolwerk en huiswerk:

  • Daar sal ten alle tye ʼn ordelike atmosfeer in die klaskamer heers. Leerders mag nie onderrig versteur of verhinder nie.

  • Leerders moet klasopdragte stiptelik nakom.

  • Alle leerders moet ʼn huiswerkboek ingevolge die skoolhoof of klasopvoeder se voorskrifte hou en bywerk.

  • Leerders moet die voorgeskrewe huiswerk doen en dit stiptelik teen die bepaalde spertyd by die betrokke opvoeder indien. Versuim om aan hierdie reël te voldoen kan slegs verskoon word indien die leerder op die dag waarop die huiswerk voltooi moes gewees het,  ʼn skriftelike nota van sy/haar ouers met  ʼn aanvaarbare verduideliking vir die versuim aan die opvoeder oorhandig.

  • Alle leerders moet hul voorgeskrewe skoolwerk met ywer, pligsgetrouheid en toewyding doen om sodoende ʼn deurlopende werksetiek te ontwikkel.  Versuim om aan hierdie reël te voldoen, sonder ʼn aanvaarbare verskoning, sal as ʼn oortreding van hierdie reël beskou word.

  • Leerders is verplig om enige werk wat hulle misgeloop het, so spoedig moontlik in te haal.

  • Detensie beteken om skoolwerk onder toesig te doen wat tot die leerder se vordering by die skool sal bydra én die skoolomgewing sal verbeter, met dien verstande dat die ouers betyds ingelig en die veiligheid van die kind verseker word.

  • Weens die gebrek aan kontrole oor die gebruik van die internet, onwelvoeglike, gewelddadige en pornografiese materiaal sowel as ongekontroleerde kommunikasie met vreemdes deur middel van tegnologie, mag geen selfone op die skoolgronde gedurende skoolure gebruik word nie. Indien ʼn leerder ʼn selfoon in die klas gebruik, sal die selfoon onmiddellik gekonfiskeer word (die simkaart mag nie verwyder word nie). ʼn Kwitansie sal uitgereik word waarin die selfoon beskryf word; die selfoon sal in ʼn koevert geplaas en in die skoolkluis bewaar word vir ʼn periode van een week (sewe  skooldae), waarna dit weer aan die leerder terugbesorg sal word nadat ‘n boete van R50 betaal is. Indien dieselfde leerder se foon vir ‘n tweede maal afgeneem word, sal die foon vir die res van die kwartaal in die kluis gehou word en die afkoopboete verhoog na R100.

  • Versuim om vir ʼn Vrydagdetensie op te daag, sal outomaties opgegradeer word na ʼn Saterdagdetensie. Die betrokke leerder se ouers sal ook ingeroep word om die skoolhoof te kom sien. Herhaalde Vlak 1 oortredings OF versuim om vir ʼn Vrydagdetensie op te daag, sal opgegradeer word na ʼn Vlak 2 oortreding. Leerders sal 24 uur kennis gegee word van ʼn Vrydagdetensie sodat ouers die nodige reёlings kan tref.

  • Leerders mag nie in die klaskamer, saal of biblioteek eet of drink nie.

  • Die kou van kougom gedurende skoolaktiwiteit is verbode.

bottom of page