top of page

Gedragskode |  Code of Conduct

Voorkoms |  Appearance

NAELS  - SEUNS EN DOGTERS:

•   Naels moet netjies, skoon en kort geknip wees.

•   Geen gekleurde naellak of enige gekleurde middels om naels te versterk, word toegelaat nie. Kleurlose naelversterkingsmiddele is toelaatbaar.

•   Kunsnaels is nie toelaatbaar nie.

VOORKOMS:   

HARE:

DOGTERS:

•    Hare moet te alle tye skoon en netjies wees

•    Hare moet vasgemaak word sodra dit oor die onderste ronding van die hempskraag hang.   

•    Hare moet teen die kop vasgemaak word – dit mag nie in LOS SLIERTE rondom die gesig hang nie. Geen “vreemde” of onkonvensionele haarstyle word toegelaat nie bv. vlegsels, insetsels (“dreadlocks”) ens.

•    Dogters se kuiwe mag nie oor hul wenkbroue hang nie en moet vasgemaak of vasgesteek word wanneer dit te lank word en in die gesig of voor die oë hang.

•    Die matige gebruik van gel is toelaatbaar.

•    Hare kan met die volgende vasgemaak word: 

                -   wit, rooi of ligblou linte,

                -   onversierde knippe van ‘n aanvaarbare grootte in wit, rooi, lig-

                     blou, bruin of swart (geen steentjies, krale of blomme aan 

                     knippe).

•    ‘n Wit, rooi, ligblou, bruin of swart kopband wat nie breër as 4 cm is nie, mag gedra word.

•    Hare MAG NIE gekleur word nie – ook geen sonstrepe (“highlights”)

•    Geen kraletjies, blommetjies of enige ander versierings word in hare toegelaat nie.

•    Hare mag nie woes rondom die kop staan nie.

•    Geen pruike mag gedra word nie, behalwe in die geval van mediese redes   

SEUNS:

•   Seuns se hare moet te alle tye kort, netjies en skoon wees.

•   Wanneer hare afgekam word             

                -  mag die kante nie oor die ore hang nie

                -  voor:  hare mag nie langer as twee vingerbreedtes bokant wenk-

                   broue wees nie

                -  agter:  paslike lengte – mag nie aan die kraag raak nie

                -  geen “vreemde” of onkonvensionele haarstyle word toegelaat nie bv. vlegsels, insetsels (“dreadlocks”) ens.

•   Die matige gebruik van gel is toelaatbaar.

•   Hare mag nie gekleur word nie en sonstrepe (high lights) mag ook nie ingesit word nie.

•   Wangbaarde mag nie laer as die middel van die oorgaatjie gedra word nie en moet kort gesny wees

•    Hare mag nie woes rondom die kop staan nie

•    Hare mag nie gevleg wees nie

•    Patrone in hare is ontoelaatbaar

•   Seuns moet TE ALLE TYE GLAD GESKEER wees, met ander woorde GEEN SNORRE EN BAARDE mag gedra word nie. 

 

GEEN VREEEMDE HAARSTYLE IS TOELAATBAAR BY SEUNS OF DOGTERS NIE.

office@hskathu.ncape.school.za | tel: 053 723 1561 | fax: 053 723 3214 | Ben Albertsweg | Privaatsak  X502 Kathu 8446  | 
Hoërskool Kathu tegniese skool Noord-KaapKathu High technical school Northern Cape
bottom of page